My tesis elektronies indien

Stap 1: Studieleier nomineer student  

  1. Teken aan op die personeelportaal. (Navrae: Helene Nieuwoudt Tel.: 021 808 4577)
  2. Gaan na: Onderrig en Leer  >>  Bestuur Studente  >>  Tesisse/ Proefskrifte  >>  Inhandiging Tesisse/ Proefskrifte.
  3. Nomineer die student(e) met behulp van studentenommer(s). Neem asseblief kennis: Indien namens die student opgelaai word, gaan asb. na Stap 8.
  4. Die student sal 'n e-pos deur middel van sy US web e-posrekening ontvang wat sal aandui dat die elektroniese spasie op SUNScholar geskep is waarbinne hy sy tesis kan oplaai, asook 'n skakel waarheen hy kan gaan om voort te gaan met die oplaai.
  5. Sodra die student die tesis/proefskrif opgelaai het, sal u 'n e-pos ontvang.
  6. Kliek op die skakel of URL binne die e-pos. Verifieer dat dit die finale kopie van die tesis/proefskrif is. Kontroleer dat die titelbladsy die korrekte inligting bevat, en dat die verklaring ingesluit is. Verwys na Stap 2: Berei dokument voor vir oplaai.
  7. Teken weer aan op die personeelportaal en gaan na: Onderrig en Leer  >>  Bestuur Studente  >>  Tesisse/ Proefskrifte  >>  Inhandiging Tesisse/ Proefskrifte.
  8. Keur die tesis/proefskrif af (Verwerp) indien van toepassing, of keur goed (Aanvaar). Dui ook die status van die tesis/proefskrif aan, bv. of dit as konfidensieel hanteer moet word, en of enige ander beperkinge geld. Versoeke om tesisse/proefskrifte onder embargo te plaas, moet aan die Senaat gerig word. Kommunikeer die versoek aan die Fakulteitsekretaris.
  9. Sodra die tesis/proefskrifinligting deur die SUNScholar-kantoor goedgekeur en verwerk is, sal die tesis/proefskrif deur middel van SUNScholar beskikbaar gemaak word vir toegang deur ander.

Stap 2: Berei dokument voor vir oplaai

Tesisse/proefskrifte moet volgens die riglyne in die Algemene Jaarboek Afdelings 5.7 en 6.9 voorberei word. 
Alle tesisse/proefskrifte wat deur die Universiteit Stellenbosch gepubliseer word, moet die volgende bevat:

    Dokumentuitleg

    • Titelbladsy: Meestersgraad  --  Doktoraal. Voeg die crest by aan die agterkant van die teks op die titelbladsy.



    • Verklaring
    • Engels - Opsomming (maks. 500 woorde)
    • Afrikaans - Opsomming (maks. 500 woorde)
    • Erkennings
    • Inhoudsopgawe
    • Lys van Figure
    • Lys van Tabelle
    • Inhoud (Bv. Hoofstuk 1, Hoofstuk 2, ens.)
    • Lys van verwysings (Verwysingstegnieke of RefWorks)
    • Addenda (Bv. Addendum A, Addendum B, ens.)

    Voorkoms van dokument

    • Lettertipe: Arial of Times New Roman
    • Lettertipe grootte: 10pt of 11pt of 12pt
    • Lettertipe kleur: Swart
    • Lynspasiëring: Dubbel, Enkel of 1.5
    • Kantlyne: 2cm oop wydte rondom alle teksgedeeltes
    • Papiergrootte: A4

    Lêernaam

    Stoor die dokument in MSWord. Gebruik die volgende formaat:

    van_eerstewoordvantitel_2013.docx

    bv. dutoit_assessment_2013.docx
     
    Alle MSWord-lêers (of ander lêerformate) moet oorgeskakel word na pdf voordat dit op SUNScholar gelaai word.

    LaTeX Template

Stap 3: Aflaai van pdf sagteware

Nota: In MSWord V.2010: Save As  >>  Save as type  >> PDF (*.pdf)

CutePDF sagteware kan gratis vanaf die internet afgelaai word. Dit ondersteun Microsoft Windows 98/98SE/ME/2000/NT/XP/Vista7.
  1. Kliek hier om die sagteware af te laai.
  2. Kies Run.
  3. Kies Run.
  4. Kies OK.
  5. Kliek Yes.
  6. Kliek Yes.
  7. Kies OK en "restart" jou rekenaar.
 
CutePDF Writer benodig ook die volgende omskakelingsprogram:
  1. Kliek hier om die omskakelprogram af te laai.
  2. Kliek Run.
  3. Kliek Run.
  4. Kliek Setup.
  5. Die installering sal nou afgehandel wees.
 
CutePDF Writer sal nou as 'n drukker beskikbaar wees op die rekenaar.

Stap 4: Omskakel na pdf

Nadat die pdf sagteware (bv. CutePDF) suksesvol geinstalleer is, kan jy jou tesis/proefskrif na een pdf lêer-omskakel.
 
Belangrik
  • Die verantwoordelikheid berus te alle tye by die student om seker te maak dat die dokument onveranderd gebly het nadat die omskakeling na pdf-formaat plaasgevind het.
  • Moet asb. geen sekuriteite aan jou pdf-dokument koppel nie.
  • Moet geen handtekening aanbring onderaan die verklaring nie.
  1. Maak die MSWord (of enige ander lêer-formaat) van jou tesis/proefskrif oop.
  2. Kliek op: File  >>  Print.
  3. Kies vanuit die lys drukkers die volgende drukker: CutePDF Writer.
  4. Kliek OK.
  5. Sleutel 'n lêernaam in vir die pdf-fokument wat jy gaan skep. Die lêernaam moet soos volg lyk: van_eerstewoordvantitel_2013.pdf bv. dutoit_assessment_2013.pdf.
  6. Kliek op Save.
Jou dokument sal nou omgeskakel word na pdf.

Stap 5: Laai finale pdf-dokument op vir goedkeuring deur die studieleier

  1. Maak seker dat jou dokument korrek voorberei is en versoek dan jou studieleier om jou te nomineer.
  2. Nadat hy deur jou studieleier genomineer is, sal jy 'n e-pos deur middel van jou US web e-posrekening ontvang om aan te dui dat die nodige elektroniese spasie op die stelsel geskep is. Die e-pos sal 'n skakel bevat, wat jou sal neem na die plek vanwaar jy die tesis/proefskrif moet oplaai.
  3. Kliek op die "handle" in die e-pos en volg die maklike instruksies, of laai op vanaf SUNScholar Loader.
  4. Sodra die studieleier die dokument goedgekeur het en biblioteekpersoneel dit deur die proses geneem het, sal dit intyds beskikbaar wees vanaf SUNScholar vanwaar ander daarna sal kan gaan kyk, dit lees, aflaai ens., op voorwaarde dat geen beperkinge geld nie. Die oorspronklike outeur van die werk moet altyd aangehaal word.

Nuttige Skakels


Drukwerk: African SUNMeDIA  
Gradeplegtighede: MyMaties
IT-Hulplyn: E-pos: help@sun.ac.za , tel.: +27 21 808 4367
Kopiereg: Innovus
Plagiaatsagteware: Turnitin | Viper  |  PlagTracker
Statistiek-hulp: Sentrum vir Statistiese Konsultasie
Taalredigering: Taalsentrum

Kontak Ons

E-pos: scholar@sun.ac.za
Tel.: +27 21 808 9046/9139
Twitter: #usscholar
Facebook: http://www.facebook.com/pages/University-of-Stellenbosch-SUNScholar/181640938009
Skype: usscholar
Blog: http://blogs.sun.ac.za/sunscholar/
SUNScholar: http://scholar.sun.ac.za
SUNScholar E-posverspreidingslys: http://lists.lib.sun.ac.za/mailman/listinfo/scholar
Fisiese Kantoor: JS Gericke Biblioteek, Kantoor 1071, Hoofkampus, Universiteit Stellenbosch