Voorwaardes
Koordlose toegang tot die US-netwerk is beperk tot personeel en studente wat by die Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is.
Registrasie vir koordlose toegang in die biblioteke verbonde aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens val onder die registrasie vir toegang tot basiese standaard elektroniese dienste op die US-kampus en word deur die Afdeling Informasietegnologie van die Universiteit hanteer by die IT Studentehulpsentrum, Joubertstraat 7, Stellenbosch.
Wat is die prosedure?
Ten einde die integriteit van die US netwerk te beskerm, is dit uiters belangrik dat alle rekenaars wat aan die netwerk gekoppel is, die nuutste weergawe van die bedryfstelsel en die nodige antivirus- en spioenware-programmatuur gebruik. Aangesien nuwe kwaadwillige aanvalle gereeld voorkom, is dit ook nodig om die programmatuur gereeld by te werk. daarom is dit baie belangrik dat alle studente se skootrekenaars eers deur die IT Studente-hulpsentrum gesertifiseer moet word voordat koordlose koppeling aan die netwerk toegelaat kan word.
As jy reeds as ’n US netwerkgebruiker met ’n kampus Netwerk Gebruikersnaam en Wagwoord geregistreer is, kan jy jou skootrekenaar laat sertifiseer by die IT Studentehulpsentrum.
Wat sal gedoen word?
Die hele proses gaan omtrent twee uur duur. Jy moet jou Studentenommer en selfoonnommer verskaf as jy jou rekenaar vir sertifisering neem; waarna jy per sms in kennis gestel sal word wanneer jy jou skootrekenaar weer kan gaan haal.
Windows-skootrekenaars
SP-bywerkings ("updates") vir die Windows-bedryfstelsel word op die skootrekenaar afgelaai.
Die nuutste bywerkings ("updates") word afgelaai en WSUS word geïnstalleer sodat dir skootrekenaar outomaties bygewerk kan word.
McAfee-antivirus word afgelaai met ’n Epo-agent om die pakket op datum te hou. Enige ander antivirusprogrammatuur word eers van die skootrekenaar verwyder. Die tale wat vir McAfee-bywerkings en -agente beskikbaar is, is Engels, Frans, Duits, tradisionele Chinees en Koreaans.
Antispioenware met Microsoft Defender word op die skootrekenaar afgelaai.
Windows-, Apple- en Linux-skootrekenaars se netwerkinstellings (LAN of koordloos) word vir gebruik op die US-netwerk gekonfigureer.
Inetkey word geïnstalleer vir internettoegang op die US-kampus. Die internetblaaier ("browser") van die student se keuse word met die korrekte LAN-opstellings opgestel met die US "proxy"-adres: http://www.sun.ac.za/sunproxy.pac sodat gratis opkampustoegang deur middel van www.library.sun.ac.za tot die US Biblioteek- en Inligtingsdiens se elektroniese bronne verkry kan word.
Die skootrekenaar se MAC-adres word dan by ’n lys van gesertifiseerde rekenaars gevoeg en kan dan met ’n US IP-adres geregistreer word. Die IP-registrasie duur gewoonlik ’n dag of twee.
Gaan hierna na Netcard register en kies "enable wireless usage". Daarna sal koordlose toegang in enige van die Biblioteek- en Inligtingsdiens se biblioteke en elders op kampus beskikbaar wees.
Linux- en Apple-skootrekenaars:
Hierdie skootrekenaars word as rekenaars met ’n nie-Microsoft-bedryfstelsel gesertifiseer. Eienaars van hierdie skootrekenaars is self verantwoordelik om die rekenaars skoon te maak en by te werk.
Wat sal dit kos?
Belangrik
Die programmatuur wat deur die IT Studentehulpsentrum op 'n skootrekeneaar gelaai word, is noodsaaklik vir beskerming teen aanvalle op die netwerk en alle ander rekenaars op die netwerk. Moet dit nie verwyder nie. Sodra die bedryfstelsel weer op 'n skootrekenaar afgelaai, moet die rekenaar weer na die IT Studentehelpsentrum geneem word sodat dit weer eens gesertifiseer kan word. Blootgestelde rekenaars sal sonder kennisgewing van die netwerk geïsoleer word.
Navrae
Vir enige navrae kontak die IT Studentehulpsentrum per e-pos of telefonies by +27 21 808 3788.