Plagiaat vermy

Etiese wetenskaplike skrywe
Etiese wetenskaplike skrywe is altyd eerlik, duidelik en akkuraat en gee erkenning vir 'n skrywer se idees en teks (insluitende kort frases). Etiese wetenskaplike skrywe impliseer 'n kontrak tussen jou as skrywer en die leser, waardeur die leser glo dat alles wat jy geskryf het, jou eie werk is en as dit nie die geval is nie, jy dit duidelik in aanhalingstekens sal aandui en die bron sal aanhaal, soos van toepassing. (Miguel Roig. A Guide to Ethical Writing. Beskikbaar vir aflaai by http://ori.hhs.gov/education/products/plagiarism/ )

Wat is plagiaat?

"Plagiaat is die oorneem en gebruik van die idees, materiaal en ander intellektuele eiendom van ander persone asof dit jou eie werk is. Plagiaat word ook letterdiefstal genoem." US Beleid met betrekking tot Akademiese Integriteit: Die voorkoming en hantering van Plagiaat [Internet]. Stellenbosch Universiteit. Beskikbaar: http://www0.sun.ac.za/research/af/beleidsdokumente. [2011, 9 September].

Wat is Turnitin en hoe werk dit?

Turnitin word gebruik deur studente by verskillende akademiese instellings om plagiaat te meet. Studente laai hul opdragte op die Turnitin databasis waar die dokumente vergelyk word met biljoene ander dokumente op die internet (Tunitin Offisiële webblad). Die resultate word terugverwys in die vorm van 'n oorspronklike verslag wat duidelik aandui waar plagiaat voorkom.

Hoe laai ek Turnitin-opdragte op in WebStudies?

Hierdie riglyne en leidrade sal jou help om Turnitin opdragte in WebStudies op te laai, of volg die volgende video. Laai die (20mb mp4) video hier af: Jy kan jou fakulteitsbibliotekaris kontak, of jou versoek rig aan Ask a Librarian indien toegang tot Turnitin nie moontlik is nie en toegang verlang word na die biblioteek se Turnitin-module op WebStudies.

Waar kan ek hulp en opleiding kry?

Plagiaat word in die meeste biblioteekopleidingsessies behandel. Ask a Librarian indien jy hulp nodig het.

Ander steundienste: