Quick Launch

Afrikaans > Inligting oor ons > Nuus > Kennisgewings
Mei 16
​Boekpraatjie in die JS Gericke Biblioteek, 28 Mei

U word vriendelik uitgenooi na die Biblioteek- en Inligtingsdiens se volgende Boekpraatjie:  Sonja Loots in gesprek met Floris van der Merwe.

Sonja.jpgFloris.png ​

Sonja se boek Sirkusboere (2011) is geïnspireer deur Floris se boek Die boere-sirkus van St. Louis (1904) wat in 1998 verskyn het. Breedweg handel dit oor die sirkusbaas Frank Fillis wat ná die Anglo-Boereoorlog ’n sirkusvertonings van die oorlog na die Wêreldtentoonstelling in St. Louis, Amerika geneem het. Sirkusboere is onder meer bekroon met die Eugène Marais Prys en die M-Net Prys.

Sirkusboere is Sonja Loots se tweede boek ná Spoor wat in 1995 verskyn het. Floris is ’n afgetrede US professor in Sportwetenskap en bekend vir sy navorsing en skrywes oor Sportgeskiedenis, bv Matieland is rugbyland, 1980-2006, Sport en spel in die boerekrygsgevangenekampe tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 en Die Helleense erfenis: oorsprong en program van die antieke Olimpiese Spele.

Plek: Personeelkamer van die JS Gericke Biblioteek

Datum: 28 Mei 2013

Tyd: 12:50

Toegang is gratis. Almal welkom. Bring jou eie middagete. Sap sal voorsien word.

Mei 03
Vakante pos beskikbaar by die JS Gericke Biblioteek

​Die vakante pos van BIBLIOTEKARIS 1: SPESIALE VERSAMELINGS is tans by die JS Gericke Biblioteek beskikbaar.

Bibliotekaris 1: Spesiale Versamelings.pdf
Sluitingsdatum: 17 Mei 2013



April 30
Biblioteke gesluit op Werkersdag

​​​​​Neem asb. kennis dat die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens gesluit sal wees op Woensdag 1 Mei vir Werkersdag, 'n openbare vakansiedag.

April 29
Mei 2013 opleiding & gebeure

Biblioteekopleiding vir Nagraads en Navorsers in Mei aangebied

Registreer Nou vir opleidingsgeleenthede by die Biblioteek!

Die Biblioteek bied regdeur die jaar werksessies aan om lede van die navorsingsgemeenskap te help om die meeste te put uit die Universiteit se groot verskeidenheid inligtingsbronne en soekhulpmiddels.  Die oogmerk is om nagraadse studente en navorsers so goed moontlik toe te rus om sukses in hul studies en navorsing te behaal.  Gedurende Mei 2013 word die volgende sessies aangebied:


Skep “alerts” en bly op datum met ontwikkelings op jou gebied

Datum: Di, 7 Mei

Opleidingslokaal: E-lokaal (JS Gericke Biblioteek)

Tyd: 12:30-14:00

Klik hier om te registreer of vir meer inliging

Vind boeke en artikels met SUNSearch, e-databasisse en e-tydskrifte
Datum: Wo, 15 Mei
Opleidingslokaal: Gesondheidswetenskappe (Onderrigblok) Gerga 2
Tyd: 10:00-12:00
Klik
hier om te registreer of vir meer inligting

Belangrike besluite om te neem oor die publikasie van jou navorsing
Opleidingslokaal: E-lokaal (JS Gericke Biblioteek)
Datum: Wo, 22 Mei
Tyd: 8:30-13:00
Klik hier om te registreer of vir meer inliging

Hoe om statutêre inligting vir ‘n tesis of proefskrif te vind
Opleidingslokaal: Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek)
Datum: Wo, 22 Mei
Tyd: 12:30-14:00
Klik hier om te registreer of vir meer inliging

Hoe om regeringstatistiek op te spoor met Statistiek SA
Opleidingslokaal: E-lokaal (JS Gericke Biblioteek)
Datum: Ma, 27 Mei
Tyd: 8:30-10:30
Klik hier om te registreer of vir meer inliging

‘n Oorsig oor en vergelyking van gratis bibliografiese verwysingstelsels
Opleidingslokaal: Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek)
Datum: Wo, 29 Mei
Tyd: 12:30-14:00
Klik hier om te registreer of vir meer inliging


Neem asb kennis dat alle sessies in Engels aangebied sal word, tensy anders aangedui, en dat basiese rekenaarvaardigheid vereis word.

Raadpleeg die Biblioteek se opleidingskalender​ vir ‘n volledige program opleidingsgeleenthede.

April 26
Biblioteke gesluit op Vryheidsdag

​​​​Neem asb. kennis dat die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens gesluit sal wees op Saterdag 27 April vir Vryheidsdag, 'n openbare vakansiedag.

April 15
Biblioteekpersoneel neem deel aan 5 km Welwees Pretstap/draf 2013

​Die Biblioteek- en Inligtingsdiens was die departement met die meeste inskrywings vir Donderdag 11 April se 5 km Welwees Pretstap/draf. "Hulle was ook die mees entoesiastiese groep met groot steun vir mekaar." Meer hieromtrent

pretloop2.png

pretloop3.png

April 05
Vakante pos beskikbaar binne die Biblioteek- en Inligtingsdiens

​Die vakante pos van DIREKTEUR: TEGNIESE DIENSTE & ELEKTRONIESE BRONNEBESTUUR is tans binne die Biblioteek- en Inligtingsdiens beskikbaar.

Direkteur: Tegniese Dienste & Elektroniese Bronnebestuur.pdf
Sluitingsdatum: 19 April 2013

April 02
April 2013 opleiding & gebeure

Biblioteekopleiding vir Nagraads en Navorsers in April aangebied

Registreer nou vir opleidingsgeleenthede by die Biblioteek!

Regdeur die jaar bied die Biblioteek werksessies aan om lede van die navorsingsgemeenskap te help om die meeste te put uit die Universiteit se groot verskeidenheid inligtingsbronne en soekhulpmiddels. Die oogmerk is om nagraadse studente en navorsers so goed moontlik toe te rus om sukses in hul studies en navorsing te behaal. 

Gedurende April 2013 word die volgende sessies aangebied:

Stoor en deel groot lêers
Datum: Di, 9 April; 12:30-14:00
Plek: Navorsingruimte (JS Gericke Biblioteek)
Klik
hier om te registreer of vir meer inliging

Hoe `Oop Toegang` kan bydra dat jou publikasies meer verwysings kry?
Datum: Do, 11 April; 12:30-14:00

Plek: Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek)
Klik
hier om te registreer of vir meer inliging

Refworks: bibliografiese verwysingsbestuur vir beginners
Datum:
Wo, 17 April; 9:00-11:00

Plek: Gesondheidswetenskappe, Gerga 2 Onderwysblok
Klik
hier om te registreer of vir meer inligting

 

Kopieregkwessies by die skryf van tesisse en verhandelings
Datum: Di, 23 April; 12:30-14:00
Plek:
Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek)
Klik
hier om te registreer of vir meer inliging

 

Hoe om maklik volteksbronne te vind
Datums: Do, 25 April; 12:30-14:00
Plek: Navorsingsruimte (JS Gericke Biblioteek)
Klik
hier om te registreer of vir meer inliging

Die volledige program opleidingsgeleenthede is beskikbaar op die Biblioteek se Opleidingskalender asook die Biblioteek se webblad vir nagraadse opleidingsgeleenthede.

Neem asb. kennis dat alle opleidingsgeleenthede in Engels aangebied word tensy anders aangedui en dat basiese rekenaarvaardighede ’n vereiste is vir deelname aan sessies.

Maart 27
Studiehokkies vir meesters- en doktorale studente in die JS Gericke-biblioteek beskikbaar
Die JS Gericke Biblioteek beskik oor ‘n aantal studiehokkies wat beskikbaar is vir meesters- en doktorale studente teen ‘n tarief van R530 per semester. Meer hieromtrent

Rig navrae hieromtrent aan reinetf@sun.ac.za.

Maart 27
Biblioteke gesluit oor Paasnaweek

​​​Die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is gesluit vir die Paasnaweek vanaf 29 Maart tot en met 1 April, en heropen Dinsdag, 2 April om 8:00. Let asb. daarop dat die JS Gericke Biblioteek Donderdag, 28 Maart, om 17:30 sluit.

1 - 10Next