Quick Launch

Afrikaans > Inligting oor ons > Nuus > Kennisgewings > Posts > Leersentrum & Navorsingsruimte “Oop” tydens etensuur, 13 April
April 05
Leersentrum & Navorsingsruimte “Oop” tydens etensuur, 13 April

​Geleentheid: Oop Etensuur
Waar: Leersentrum en Navorsingsruimte, JS Gericke Biblioteek
Wanneer: 13 April 2012
Tyd: 13:00-14:00

Twee suksesvolle uitvloeisels van die Universiteit Stellenbosch se Hoop-projek is die kontemporêre Leersentrum en Navorsingsruimte in die JS Gericke Biblioteek wat 21ste eeuse getransformeerde biblioteekdienste versinnebeeld.  Hoë vlak tegnologie kombineer hier met ryk inligtingsbronne en vaardigheidsondersteuning in ‘n bruisende, inspirerende ruimte wat studente in die vinnige baan na sukses plaas. Dié studente is die ingeligte, effektiewe en verantwoordelike burgers van die toekoms wat oplossings sal vind vir die kontinent se probleme, sal inspireer en hoop sal koester. 


Beide die Leersentrum en Navorsingsruimte in die JS Gericke Biblioteek sal op 13 April tydens die etensuur oop wees vir enige belangstellendes om te kom rondsnuffel en die personeel en “Smart Maties” te ontmoet wat hier diens lewer.


Vir meer inligting, kontak gerus vir Elbie van Wyk by tel.: 021 808-4399 of e-pos: ejvw@sun.ac.za.

Comments

There are no comments for this post.