Ouditorium

Toerusting

Die ouditorium het sitplek vir 147 mense en is toegerus met die volgende: 

  • Oorhoofse data-projektor.

  • Podium en rekenaar met Windows XP- asook MS Office 2010-sagteware (Word, Excel, PowerPoint 2010) met CD/DVD-drywer en USB-poorte vir USB geheuestafies.

  • DVD/videospeler vir speel van DVD's of video's.

  • Koordlose lapelmikrofoon (beskikbaar by die uitleentoonbank van die biblioteek).

  • Swartbord.

Reëls

Gebruikers van die ouditorium word versoek om: 

  • Alle rekenaartoebehore en die projektor AF te skakel voordat die ouditorium verlaat word.

  • Die ouditorium te sluit en die sleutels, asook lapelmikrofoon, terug te besorg by die uitleentoonbank voordat die biblioteek verlaat word.

  • Nie meublement rond te skuif, te verwyder of by ouditorium in te dra nie.

  • Nie te rook en verversings in die ouditorium te gebruik nie.

  • Geen items teen die mure aan te bring nie.

  • Nie biblioteekkliënte in die onmiddellike omgewing van die ouditorium te steur nie.

  • Die ouditorium te alle tye netjies agter te laat.

Gebruikers wat versuim om hierdie reëls na te kom, sal verdere besprekings van die ouditorium geweier word.

Besprekings 

Besprekings kan persoonlik by die uitleentoonbank van die JS Gericke biblioteek, per e-pos of telefonies by +27 21 808 4883 gemaak word.
 
Besprekings moet asseblief vroegtydig gemaak word. 

Akademiese- en administratiewe personeel, asook verenigings wat by die Studenteraad geregistreer is, mag gratis van die ouditorium gebruik maak. Die ouditorium is ook beskikbaar vir ander instansies en lede van die publiek, teen 'n tarief van R250.00 per uur (maksimum R2 500.00).
 
Die sleutel en koordlose lapelmikrofoon van die ouditorium moet by die uitleentoonbank afgehaal en terugbesorg word.

Geen verversingsfasiliteite is beskikbaar nie. Deelnemers aan sessies in die ouditorium moet na die
Langenhoven Studentesentrum ("Die Neelsie") verwys word. Waterbekers is op aanvraag beskikbaar.