Visie
U dinamiese vennoot in akademiese uitnemendheid.
Missie
Ons missie is om aan die Stellenbosch Universiteitsgemeenskap 'n wêreldklas en innoverende inligtingsdiens en leerruimte te bied.
Om hierdie doel te bereik, wil ons:
- die Biblioteek ontwikkel as ʼn lewendige en aanloklike fisiese en virtuele ruimte wat medewerking,
sosiale netwerkvorming, asook privaat-studie en nadenke sal bevorder
-
ʼn voorpunt-infrastruktuur voorsien vir inligtingstegnologie om tegnologie-ryke leerruimtes en die
behoeftes van die gebruikersgemeenskappe te ondersteun
- die omvang van die Biblioteek se inligtingsbronne verbeter en verryk
- 'n positiewe organisasie-kultuur van leer en innovering by personeel bevorder
- ondersteun, ontwikkel en bydra tot hoëvlak- wetenskaplike publikasie-uitsette
- vennootskappe sluit met fakulteite ten opsigte van die ontwikkeling van
inligtingsgeletterheidsvaardighede
Ons glo in:
- Innovering – om vir verandering en nuwe idees ontvanklik te wees
- Bemagtiging – om ontwikkeling en professionalisme te bevorder
- Kliëntefokus – om kliënte se verwagtinge te oortref
- Uitnemendheid – om die beste in ons veld en van wêreldgehalte te wees