Dienste

  • Inligtingsdienste, insluitend die beskikbaarstelling van oorspronklike manuskripte en ander materiaal in die drie onderafdelings, hulp aan kliënte met bibliografiese soektogte en algemene hulp aan navorsers wat in hierdie afdeling werk, en basiese opleiding in die gebruik van argivale bronne, word aangebied.
  • Uitstallings, inligtingsessies en begeleide toere van die afdeling word vir studentegroepe en besoekers aangebied.
  • Digitale skandering van beeldmateriaal in die versamelings, asook fotokopiëring vir akademiese doeleindes, is vir kliënte beskibaar.