Departementele versamelings

Departementele versamelings vorm deel van die US Biblioteek- en Inligtingsdiens se groep biblioteke. Hierdie biblioteke word egter nie deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens geadministreer nie. Dit is wel gekoppel aan die Biblioteek op grond van die materiaalversamelings.

Al die bestaande departementele versamelings word gehuisves in akademiese departemente op die Stellenbosch-kampus, en bestaan uit boeke, tydskrifte en ander inligtingsbronne. Dit is belangrik om daarop te let dat die versamelings wat in hierdie biblioteke gehuisves word nie die hoofversamelings is van die betrokke vakgebiede nie. Slegs geselekteerde items uit die vakversamelings word hier gehuisves. Die hoofversamelings van  bronne beskikbaar in hierdie vakgebiede word in die JS Gericke Biblioteek gehuisves, waar fakulteitsbibliotekarisse die onderskeie vakgebiede bedien.

Kontak asseblief die onderskeie biblioteke vir inligting oor die dienste, prosedures en diensure.

Opvoedkunde

Me Laurinda Kleynhans (GG Cilliers-gebou, Fakulteit Opvoedkunde, grondvloer)
Tel.: + 27 21 808 2323

Fisika

Me Colleen April (Merensky-gebou, Departement Fisika, grondvloer)
Tel.: +27 21 808 3380

Maatskaplike Werk

Me Rochelle Williams (Lettere-gebou, Departement Maatskaplike Werk, 4de vloer)
Tel.: +27 21 808 2069

Militêre Akademie (Krygkunde) (Saldanha)

Tel.: +27 22 702 3065

Wiskunde

Alhoewel die leeskamer by die Departement Wiskunde nie beskou word as 'n departementele biblioteek nie, word dit ook hier genoem, aangesien die hoofversameling van wiskunde-tydskriftitels in die leeskamer gehuisves word (Tel.: +27 21 808 3282).

Plantpatologie

Me Lizeth Swart (Lombardi-gebou, Departement Plantpatologie, vierde vloer, kamer 4025)
Tel.: +27 21 808 4799